Algemene literatuurwetenskap

Algemene literatuurwetenskap of literatuurteorie is in die eng betekenis die sistematiese studie van die wese van letterkunde en van die metodes vir die ontleding van letterkunde.[1] Literêre vakgeleerdheid het sedert die 19de eeu egter dikwels – addisioneel tot, of selfs in stede van 'n noukeurige beskouing van literatuurwetenskap – oorwegings ingesluit van intellektuele geskiedenis, morele filosofie, sosiale profesie en ander interdissiplinêre temas wat relevant is tot die manier waarop mense betekenis interpreteer.[1] In die moderne Geesteswetenskappe is die laasgenoemde styl van vakgeleerdheid 'n uitgroeisel van die kritiese teorie en word dikwels eenvoudig "teorie" genoem.[2] 'n Gevolg hiervan is dat die woord "teorie" 'n oorkoepelende term geword het vir verskeie geleerde benaderings tot die lees van tekste. Heelwat van die benaderings word ingelig deur vele vertakkinge van kontinentale filosofie en sosiologie.

  1. 1,0 1,1 Culler 1997, p.1
  2. Searle, John. (1990) The Storm Over the University, The New York Review of Books, December 6, 1990.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search